Modulekode | ODD 874 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | Fundamentele benadering(s) rakende leerhindernisse, met verwysing na die Suid- Afrikaanse konteks; teoretiese raamwerk(e) vir diagnostiese assessering met betrekking tot akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks; oefening in die selfstandige integrasie en sintese van relevante onderwerp-spesifieke literatuur ter voorbereiding van eie navorsing: neuropsigologiese funksionering, taal (T1 en T2), lees, skryf, spelling, gesyferdheid en wiskundige vaardighede, studievaardighede, onderwys- en omgewingsbenadeeldheid. Professionele vaardighede en waardes van verantwoordbare diagnostiese assesseringspraktyk en verslagvoering van bevindings met betrekking tot leerders se akademiese prestasieprobleme in die Suid-Afrikaanse konteks. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Akademiese organisasie | Opvoedkundige Sielkunde |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App